My Lewe deur Petro

You are about to read an inspiring story, written from her heart by Petro, who describes her journey. Her story has motivated me and i want to share it with our readers.

Ek is Petro du Bruyn. Weeg 142kg en het ‘n jaar terug 222kg geweeg. Hier is my storie.

In 2013 kon ek skaars loop as gevolg van die pyn in my bene. Ek het beweeg met ‘n kierie. Moes hulp hê om my huis skoon te hou en winkels toe te gaan. Ek was dr toe by die staatsdiens en die dr was baie ongeskik en gesê hy kan my nie eens ondersoek om te kyk wat aangaan as ek nie gewig verloor nie. Ek is huis toe en het my oë uitgehuil en was baie depro. My man en kinders het gesê ek moet die dr ignoreer en hy weet nie waarvan hy praat nie en soos altyd als doodgepraat.

Maar diep in my het ek geweet hy praat Die waarheid. My cholesterol was baie hoog en my buik was permanent seer en opgeswel. Ek moes deur al die probleme gewerk wat veroorsaak het dat ek agter vet wegkruip om nie seer te kry nie. Ek moes my dogter se afsterwe (2006) op 14jarige ouderdom in ‘n motor ongeluk verwerk en leer om daarmee saam te lewe. Ek moes deur die trauma werk van molestasie as kind en toe ek daarmee klaar is, het ek op 1Aug 2013 begin dieet. Eerste 6 weke het ek van een dieet na ‘n volgende geval maar niks wat ek op die lang duur sal kan doen nie.

[ad name=”Google Adsense Banner”]

Toe lees ek van die LCHF leefstyl en van dag een af op die nuwe leefstyl het ek wonderlik gevoel. (behalwe natuurlik die hoofpyne na die 5de dag lol). Vandat ek begin het, het ek 184.5cm verloor en 80kg. Ja dit was ‘n lang pad en daar lê nog ‘n lang pad voor, maar om lchf te lewe is volhoubaar en ek geniet elke oomblik daarvan. My cholesterol is normaal, ek gebruik geen medikasie nie en voel wonderlik. Voel so goed dat ek gister begin gym het vir die eerste keer in my lewe en ek geniet dit vreeslik.

Koop Banting Produkte hier

 

 

More
articles